Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive




SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 19 JULIE 2015



Goeiemôre, en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)



Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.



Hierdie oudiobulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.



Ons begin vanoggend se bulletin met nuus van drie stil sleutels.



Malcolm Kriel ZS4SM (ex ZR6MDK) het ’n stil sleutel geword op 15 Julie 2015 na ’n lang stryd met demensie. Ons innige meegevoel met sy vrou Sheila, dogter Gwen, broer Basil en al sy ander vriende en familie.



Malcolm was ook ’n eks Staande Mag Lid van die Sein Korps – Lid van die SA Legioen en die MOTH. Die huldeblyk diens word gehou in die West View Metodiste Kerk, op die hoek van Botha Laan en Tortelduif Weg, Wierdapark, Centurion om 12:00 op Vrydag 24 July 2015. ’n Versoek word gerig dat alle Militêre Veterane hulle Assosiasie Baadjies en medaljes vir die begrafnis sal dra. Vir verdere navrae kontak Gwen by 084 674 9999 of Basil Kriel by 079 358 2886.



Deryck van Loggerenberg, ZS6KQ het ’n stil sleutel geword op Sondag 12 Julie op ’n ryke ouderdom van 80 jaar na ’n lang hospitaalbed in die begin van die jaar.



Hy het sy roepsein in 1970 ontvang en Amateur Radio was vir hom ’n groot passie gewees. Hy was op verskeie geleenthede betrokke as Radio Maarskalkby Kyalami en Total Tydrenne, wat deure vir so veel verskillende en interessante wêrelde oopgemaak het.



Hy word oorleef deur sy vrou Merilyn, Grant (ZR6AAT) en Brendan. Brendan bly tans in Melbourne, Australia.



Deryck word onthou as ’n lid van die Pretoria Amatur Radio Klub waar hy vir baie jare as lid gedien het.





Flip Britz, die persoon wat hulp verleen het om die Liga se nuusbulletin in Afrikaans te vertaal, is op 11 Julie 2015 oorlede,



Hy het van 'n leer afgeval en 'n paar ribbes gebreek. Hy was in die hospitaal opgeneem. Sy hart het begin probleme gee en dit was die oorsaak van sy dood.



Hy het twee roepseine gehad nl. ZS4GE en ZS6BSO waarvan die eerste sy gunsteling was. Hy was ook al 45 jaar lid van die Liga.





POUSE



In die nuus vandag



OKOSA - SARL MVV WORD BINNEKORT ONDERTEKEN



KYK UIT VIR 144 MHz DX SEINE VANAF St. HELENA ISLAND & BRAZIL



SARL NUWE LIDMAATSKAP AANSOEKE ONTVANG



WEEKLIKSE HF VOORPLANTINGSVERSLAG



uitslae van die ZS5 Naelloop





Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.



** Tydens die kwartaallikse skakel vergadering tussen OKOSA en die SARL is ? Memorandum Van Verstandhouding ter tafel gele. Hierdie MVV bevat belangrike raamwerk inligting wat die samewerking tussen die twee organisasies betref. Beide partye het die inhoud van die dokument goed gekeur. OKOSA gaan tans deur ? fase van herstrukturering wat ? verandering in die gesag en besluitnemings struktuur binne OKOSA teweeg gebring het.Hierdie herstrukturerings proses behoort binne die volgende paar weke afgehandel te wees. Sodra die besluitnemings strukture gefinaliseer is, sal die aangewese persone van OKOSA die MVV onderteken. Hierdie MVV deel ondermeer ook nog met RAE eksamens, herhalers en verskeie ander lisensie onderwerpe.



Tydens die vergadering is daar ook aandag gegee aan probleme met inmenging met die amateur transmissies in die 430 en 440 frekwensies. Radio Amateurs moet bedag wees ISM wat die 433,040 - 434,790 MHz frekwensies dek nie beskerm is teen inmenging nie.



Die SARL in ingestem om sulke inmenging of ongelisensieerde gebruik in die res van die 70cm band aan OKOSA te rapporteer. Radio Amateurs moet ongelisensieerde gebruik of enige sulke ongemagtigde inmenging onmiddellik rapporteer. Stuur volle details soos die frekwensie, datum en tyd van inmenging en waar moontlik oudio opname aan vhf@sarl.org.za. Meer inligting oor die vergadering sal in ’n SARL brief aan lede gestuur word.





**Daar is heelwat uitstekende Tropotoestande oor die Atlanties Oseaan tussen Brazil en die Weskus van Afrika soos voorspel word deur die Hepburn Troposheric Ducting voorspelling. Marcos PY1MHZ het hierdie toestande in ag geneem en gebruik nou ’n 28 Wattbaken op 144,290 MHz gerig na die weskus. Pieter Jacobs, V51PJ het op sy beurt sy V51VHF baken op 144,429 MHz in gestel en gerig na Rio de Janeiro. Bruce ZD7VC op St. Helena eilandvertel dat terwyl hy nog in kontak was met St. Helena Radio ZHH hy gereeld met Walvis Baai Hawe Beheer V5Y en treilers op 156 MHz Maritime kanale in verbinding was en gereeld na SAUK FM uitsendings geluister het.Hy beplan om ’n 144 MHz rigstraler vir draagbare doeleindes vanaf hoë geleë plekke wat voordeel gee aan die Suid Afrikaanse weskus. Hier is ’n DX stasie 3000 km vanaf Kaap Stad wat ’n ideale geleentheid bied vir TropoKanaal, so begin bou aan daai Yagi straler antennas.



** Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende persone ontvang:

· ZSL1165 Rudolf Truter

· ZSL1166 Willem Krugel



Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskap-aansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin. Lidmaatskap van die SARL is tans 1134 plus 28 geaffilieerde klubs.


** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte son aktiwiteitsvlak laag gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is tans stabiel.



Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 45 vir die week gebruik.



Amateurs kan veral laatmiddag en gedurende die aande goeie openinge op die 20tot 15 m DX bande verwag.



Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.



** Die uitslae van die ZS5 Naelloop gehou op Sondag 5 Julie is bekend gemaak. Die Kompetisiekomitee het 27 logstate ontvang vir die Naelloop.



1ste Highway ARK, ZS5HAM, 116 punte

2de Bradley Glen, ZS5BG, 99 punte

3de Johan van Zijl, ZS4DZ, 89 punte

4de Mitchel Mynardt, ZS6YH, 87 punte



Die volledige uitslae is beskikbaar in HF Happenings 663. Dankie aan almal wat deelgeneem het en geluk aan die wenners.



Die uitslae van die SARL 80 m QSO geselligheid en die ZS4 Naelloop is nog uitstaande.





En nou vir die dagboek van gebeure

18 tot 25 Julie– die 5de Jongmense op die Lug Somer kamp in Italië
25 Julie- sluitingsdatumvir dieWinterQRPlogstate
25en26 Julie-dieRSGBse EilandeopdieLugkompetisie

2 Augustus– die Suid-Afrikaanse RadioligaHFFoon kompetisie


Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend


** Daar is heelwat uitstekende Tropo toestande oor die Atlanties Oseaan tussen Brazil en die Weskus van Afrika soos voorspel word deur die Hepburn Troposheric Ducting voorspelling. Verskeie geleenthede is daar vir kontakte oor die Atlantiese Oseaan.



** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘newsinbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.



Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.



Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.



Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel en geredigeer deur Etienne Naude, ZS6EFN, gelees deur ...........................................................



Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens


73's en dankie vir die luister

/ EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003